Komatie Akademie

Komati Logo (4)

Komatipoort Akademie

ONS WAARDES

1

Onbeskaamd Christelik

1. Ons bely openlik Christus as ons Verlosser

2. Ons liefde akkomodeer verskille

2

Respek

Ons leef in respek
1.
teenoor God
2. teenoor Mense
3. vir goed
4. teenoor myself

3

Integriteit

1. Ons doen wat reg is al sien niemand dit nie
2. Ons is aan mekaar verbonde -ons vorm ‘n hegte eenheid, ongeag en midde verskille
3. Ons is verbonde aan ons gemeenskap
4. Ons is verbonde aan mekaar
5. Ons is nederig trots op ons suksesse
6. Ons beloon sukses en bestraf oortredings
7. Ons neem verantwoording en dra die gevolge vir ons dade; ons maak reg as ons verbrou het
8. Ons is te alle tye onberispelik in ons gedrag en voorkoms

4

Ywer

1. Ons is selfgemotiveerd: ons moet nie; ons wil. Plig is ons plesier
2. Genoeg is vir ons  te min, ons doen altyd meer as net genoeg
3. Ons doen alles met oorgawe
4. Ons neem vroegtydig stappe; ons dink vooruit
5. Ons weet waarheen ons op pad is

5

Onbeskroomd Afrikaans

1. Ons geniet en handhaaf Afrikaans as  ons klasgee, gesels, skryf, praat en in ons sosiale media
2. Ons glo in moedertaalonderrig
3. Ons ontwikkel nie net akademiese vernuf nie maar kultuurprodukte en ambasadeurs.

ONS VISIE & MISSIE

Visie

Ons is ‘n Afrikaans Christelike skool wat leerders in alle opsigte ontwikkel om gebalanseerde beste gehalte deelnemers en beste eie presteerders te wees oor die ganse spektrum van akademie, sport, kultuur en sosiale vaardighede.

Missie

Ons ontwikkel met toegewyding al die unieke vermoëns van ons leerders om in sosiale en indivuduele verband hulle eie beste oor die spektrum van sport, kultuur, dienslewering te ontdek, ontwikkel en dit te lewer. Ons personeel beskou die voorreg van onderrrig gee en opvoeding as hulle roeping. Ons pas ons terrein op en voortydig aan om aan al ons ideale te voldoen. Ons lei en ontwikkel ons leerders om sosiaal te integreer in hulle omgewings en nederige en gelowige manne en vroue uit een stuk te word.

Jongste nuus

Skoolkalender

ONS BORGE